Augstusmaand word gewy aan vroue en gedurende diè maand word daar baie gefokus op veral die bemagtiging van vroue.

Nasionale Vrouedag word jaarliks gevier op 9 Augustus in Suid-Afrika.

Die eerste Nasionale Vrouedag het in 1994 plaasgevind. 

Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om beswaar te maak teen wetgewing wat Swart Afrikane verplig het om ‘n pas te dra.

Vroue op Aggeneys het Woensdag, 24 Augustus, bymekaar gekom om die maand op ‘n gepaste wyse af te sluit.

“Die doel van die vroue byeenkoms was om geestelik met mekaar te verkeer,” het Nanscia Daniels-Cloete gesê.

Dit het plaasgevind by Aggeneys Lapa, kompleet met koek en tee wat die vrouens aan kon smul.

Self het hulle in hul hande in hul beurse gesteek en self die soetigheid aangekoop en wil weg beweeg van begrip om bakhand te staan en verwag dat die myn moet vir alles staan.

Daniels-Cloete en haar vriendin Shanlynn Cloete het die vroue op Aggeneys bymekaar gebring om hul geestelik te verreik.

Daniels-Cloete verwys na Cleote as haar regterhand en waarvan hulle mekaar gevind het, met hul werk in die gemeenskap.

Sy het beklemtoon dat hulle ‘n baie goeie span is.

“Dit is so lekker om te sien dat ander mense voel ook soos jy voel, en ek dink dit is die goed wat ons moet begin deel, want dit is wat ons gaan bou,” het Daniels-Cloete

Kapilaan Baard van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Springbok het die vroue geestelik bemoedig uit Hooglied een en Lukas 13:8-9.

Sy het bekend gemaak dat in hul bediening word die vrou die kragstasie beskou.

“As elkeen weet wanneer jy in Aggeneys instap, stap jy in ‘n plek in waar jy net gaan blom, jy gaan net geestelik ryker en sterker word. Jy sal hierdie vrou word wat nooit wou praat nie, maar ewe skielik het jy net daardie krag, want die grond waarop ek staan gee dit vir my. Van die vrouens gaan uit hierdie plek uit en sê ek moes nooit op Aggeneys kom woon het nie. Iemand wat soos ‘n Naomi gaan sê; “Ek het vol ingekom, en gaan leeg hieruit,” het kapilaan Baard gesê.

Dit hang net van die grond af, baie het vol ingekom en leeg uit gegaan.

Vroue se gedagtegang moet wees, dat wanneer mense in haar teenwoordigheid kom, dat hulle gaan blom en vrugte gaan dra.

Mense moet jou kan opsoek en as die foon soms lui word dit na gekyk en gesê “ahah” so word die foon dan nie beantwoord nie.

Wees die tipe grond dat wanneer jy stil is, word daar gevra waarom is jy dan so stil en om die tipe grond te wees dat mense gaan opdaag sonder om ‘n afspraak te maak.

Hulle wil net in jou teenwoordigheid wees.

Kapilaan Baard noem dat mense dan moet kan sê, dat dit goed was om in jou teenwoordigheid te wees.

Verskeie vroue het hul getuienisse gedeel van wat die Here in hul lewens kom doen het en hoe dit hul lewens verryk het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *