Die Waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal in Kimberley, Dr. Kantani en die Operasionele Teaterbestuurder Dr Olivier het gister ‘n opdatering gegee oor die Marathon-operasies wat vanaf vandag tot Sondag sal plaasvind.
Die 40 operasies, wat deur Gift of The Givers geborg word, is daarop gemik om die agterstand van sedert die begin van die Covid-19-pandemie aan te spreek.
Dit is die eerste van vele marathon-operasies wat volg.
Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap is verbind tot die verskaffing van kwaliteit gesondheidsorg en spreek die kwessie van tekort aan geskoolde personeel aan om te verseker dat kwaliteit gesondheidsorg te alle tye verskaf word.
