Die Khai-Ma munisipale gebied ervaar tans groot water tekorte as gevolg van Fase-6 beurtkrag.

Die munisipaliteit het te kenne gegee dat die damme nie hul normale vlakke kan bereik nie, en bemoeilik dit doeltreffende watervoorsiening.

Die Khai-Ma gemeenskap word dus gevra om water spaarsamig te gebruik en projekte tydelik te staak wat groot maat water gebruik, soos byvoorbeeld bou en voertuie was.

“Verder wil ons u aanmoedig om houers vol te maak as water beskikbaar is vir huishoudelike gebruik. Daar word tans na ander alternatiewe gekyk om hierdie probleem die hoof te bied. Ons vra om verskoning vir enige ongerief hierdeur veroorsaak,” het H. Christiaan, Waarnemende Munisipale Bestuurder gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *