Met een dag om te gaan voordat kusskole heropen, het honderde woedende ouers by die kantore van die Noord-Kaap departement van onderwys in Kimberley saamgedrom.

Die ouers het gehoop om plasings vir hul kinders vir graad R, een en agt te kry.

Baie sê die proses om aansoek te doen op die aanlyn stelsel was ‘n nagmerrie en kommunikasie van die departement is swak.

Een van die ouers, Samantha Farmer sê: “My vrees is dat my kind nie vir graad R geplaas gaan word nie en dan gaan ek hierdie hele proses vir graad 1 volgende jaar ook moet doen. Ek is net teleurgesteld elke jaar dat ons presies dieselfde ding met die departement in die gesig staar, maar daar is geen implementering nie, daar is geen verbetering nie. Ek voel net ek gaan my seun teleurstel, want hy wag vir my om hom Woensdag skool toe te neem.”

Die Noord-Kaap onderwysdepartement hou vol hy het 99% van die leerders geplaas wat betyds aansoek gedoen het.

Die departement sê hy hoop om alle uitstaande leerders teen die opening van skole of binne die week te plaas.

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Zolile Monakali verduidelik: “Die Noord-Kaapse departement van onderwys is bewus daarvan dat sommige ouers angstig is en steeds wag vir plasing by die departement. Ons doen ‘n beroep op ouers om kalm te bly en die departement toe te laat om die plasings te finaliseer. Die departement het altesaam 27 318 aansoeke ontvang en het daarin geslaag om tot dusver 99% van die leerders te plaas. Ons het steeds 280 ongeplaasde leerders.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *