Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het hul 10-dae momentopname voltooi.

Hierdie momentopname het ten doel om sleutelfokusareas per skool uit te lig, wat aangespreek moet word.

Personeelaanstellings word in September gedoen op grond van die verskeie leerdergetalle.

Die departement is ten volle bewus daarvan dat daar sommige skole is wat addisionele opvoeders benodig, as gevolg van ‘n toename in leerdergetalle.

“Ons moet aandui dat skole ‘n deeglike proses moet volg om bykomende opvoeders te bekom. Dit sluit in ‘n verifikasie van leerdersgetalle per graad, die skoolrooster en vakke wat aangebied word, om die optimale benutting van die bestaande personeeldiens te bepaal,” het die Noord-Kaapse Departement van Onderwys, gesê.

Die Departement het ook ‘n vertraging ondervind in die toekenning van bykomende opvoeders by skole, as gevolg van die feit dat skole onakkurate inligting indien of in sommige gevalle geen dokumentasie verskaf nie.

Die Departement werk 24 uur per dag om hierdie kwessies aan te spreek.

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het bygevoeg met verwysing na Hoërskool SA van Wyk, die departement ‘n bykomende opvoeder aangestel het.

Die distrikskantoor is besig om die skool te betrek, sodat die aangeleentheid opgelos en/of afgehandel kan word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *