Vedanta Zinc International, in samewerking met die Khai Ma plaaslike munisipaliteit, kontrak besigheids vennote en CSR begunstigdes, is die afgelope week besig met gemeenskap Imbizo’s in die Khai Ma plaaslike munisiplaiteit.
Op Aggeneys was die inwoners nie gelukkig oor die toestand waarin die dorp verval het nie.
Hulle is van mening dat die dorp vorentoe moet gaan, maar dis die agteruitgang wat koningkraai.
Daar was voorstelle gemaak dat bome aangeplant kan word, sodat werkskepping kan plaasvind.
“Mense wat ledig is, drink net en wat het geword van die dorpstuin-kompetisie,” het ‘n inwoner laat hoor, wat al vir veertig jaar op die dorp woonagtig is.
In ‘n ander geval, was ‘n inwoner bekommerd oor die vreemde voertuie wat op die dorp gewaar word en wil weet wat hul doel is.
‘n Oplossing hiervoor was dat ‘n lys van die kontrakteurs opgestel word en gepubliseer word, sodat die gemeenskap bewus kan wees van wie op die myn besigheid doen.
‘n Ouer het weer haar misnoeë uitgespreek van die witbord wat die myn aan Primêre Skool Springbok (PSS) geskenk het.
Volgens haar moes ouers van Aggeneys self finansies verskaf om vir die laerskool op die dorp ‘n witbord aangekoop.
Die oud-matrikulante is werkloos, en weet nie waar hulle aansoek kan doen vir beurse nie.
‘n Verteenwoordiger van Vedanta Zinc International, het genoem dat hulle het groot skoene om vol te staan, en dat die kinders op Aggeneys ‘n prioriteit is.
‘n Ander vraag wat wenkbroue laat lig het was: “Wat is die nood van die skole en in geheel die Khai Ma area.”
Christo Witbooi, bestuurder van korporatiewe sake en belangegroepverhoudings, het gesê dat baie moet vir die dorp gedoen word.
Kommer was ge-opper van die leë besigheidsplekke.
Nog ‘n inwoner het dit onder die myn se aandag gebring dat laer- en hoërskool leerders akademies en sportief presteer.
Haar versoek was of die Khai Ma area nie ‘n regte sportgrond kan kry nie, en het uitgewys van die o/10-jarige dogtertjie wat verlede jaar dedelgeneem het aan ‘n nasionale sportbyeenkoms, en toe ‘n goue medalje verwerf het.
Die Imbizo op Aggeneys het in ‘n goeie luim geeïndig.


