Tienerswangerskap word dikwels beskryf as ‘n konstante, groeiende kwessie onder jeugdiges.
‘n Tienerswangerskap-dialoog het op Vrydag, 10 Februarie 2023 op Steinkopf in die Noord- Kaap plaasgevind. Die doel van die dialoog was om lig te werp op hierdie kwessie.
“Seuns maak; meisies raak, met ander woorde, seuns maak babas en dogters raak swanger,” het mnr. Bennie Cloete van die departement van onderwys gesê. Hy het bygevoeg dat dit ‘n gemeenskap neem om ‘n kind groot te maak.
Daar is drie uitdagings wat die gemeenskappe in die gesig staar, onder andere armoede, werklooshied en ongelykheid.
Ses leerders van vyf omliggende hoërskole, nl; Hoërskool Hantam, Steinkopf Hoërskool, Alexanderbaai Hoërskool, Boesmanland Hoërskool en Garies Hoërskool was uitgenooi om deel te neem aan die dialoog en elke leerder was beloon met ‘n waardigheidspakkie.
Die dialoog het begin met ‘n optog deur die dorp tot by die skoolsaal en daarna het die vyf verskillende skole kort, kreatiewe scenarios geskets in die vorm van kort en bondige opvoerings, wat die lewe van ‘n tienermoeder uitbeeld en lig werp op die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
Die raadslid van die Namakwa Distrik Munisiplaiteit, me. Silvia Cloete, het gesê dat elke tiener ‘n verantwoordelikheid het teenoor hom-/haarself.
“Hoe gee jy raad, as jy self ‘n kind is? Hoe kan jy ‘n kind grootmaak as jy self ‘n kind is en hoe bied jy ondersteuning as jy self nog ‘n kind is?,” het Cloete laat hoor.
Suster de Wet van die departement van Gesondheid het ‘n voorlegging gedoen oor voorhuwelikse seks en die gevolge daarvan. Sy het gepraat oor seksueel oordraagbare infeksies, tienerswangersakppe en aborsies.
Mnr. Danny Newman van die departement van arbeid en ook ‘n voormalige skool-sielkundige het gepraat oor stigmatisering en diskriminasie. Newman het gesê dat jy nie labels op mense kan plaas, as jy nie die waarheid ken nie.
Die jong moeders is uiteindelik diegene wat soms min of geen finansïele ondersteuning van die vaders kry nie.
Sien foto’s:








