Vedanta Zinc International (VZI) is trots om aan te kondig dat hulle as Top Werkgewer in Suid-Afrika vir 2023 aangewys is, deur die gesogte Top Employers Institute.
Die Top Employers Institute is ‘n globale entiteit wat uitnemendheid in mensepraktyke erken in maatskappye.
Hulle bekroon maatskappye met die beste Menslike Hulpbronne-praktyke, insluitend Talent Strategie, Arbiedsmag Beplanning, leer en ontwikkeling, ens.
Hierdie erkenning bewaarheid VZI se visie om ‘n voorkeurwerkgewer in sy streek te wees, en verbintenis tot sy sleutelbelanghebbendes – sy werknemers.
“Ons glo dat mensekapitaal ons kernkrag is, en dit was krities in die lewering van ons maatskappy se vinnige groei.” – sê VZI Uitvoerende Direkteur en finansiële hoof, mnr. Pushpender Singla.
Vedanta is daarop gefokus om die beste talent aan te stel, en het oor die jare ‘n kultuur geskep wat betrokke raak en bemagtig.
Die maatskappy se beste-in-klas mense praktyke is daarop gerig om die volle potensiaal van werknemers te ontketen, terwyl die organisatoriese oorkoepelende besigheidsdoelwitte bereik word.
Die maatskappy het ‘n sterk fokus op die indiensneming en loopbaanbevordering van vroue in die arbeidsmag, en poog altyd om vroue in nuwe of vakante poste aan te stel.
“Ons kyk ook na interne bevorderings, prioritisering van vroue met potensiaal, plaas hulle dikwels in leiersposisies en verskaffing van sterk ondersteunings- en mentornetwerk, wat hulle die geleentheid bied om in daardie posisies te groei. Tans is 19% van die Black Mountain-kompleks se arbeidsmag vroue, ‘n getal wat geleidelik groei. Dit is meer as die Suid-Afrikaanse bedryfsgemiddelde, wat tans op 12% staan”, gaan mnr. Singla voort.
Die maatskappy se filosofie sluit ‘n inklusiewe benadering in om ‘n toonaangewende werkgewer te word.
Die kernwaardes van die organisasie koester innovasie, kreatiwiteit en diversiteit.
“Die idee is om ‘n hoëprestasie-kultuur te identifiseer, en presteerders beloon op ‘n regverdige en billike wyse,” sê mnr. Singla.
Vedanta is daartoe verbind om werknemers ‘n veilige en gesonde werksomgewing te bied, en verseker wêreldklasstandaarde in veiligheid, omgewing en volhoubaarheid om by hul toewyding te hou.

