Anele Gxoyiya besoek Namakwa om belangrike kwessies aan te spreek

 Anele Gxoyiya besoek Namakwa om belangrike kwessies aan te spreek

Foto : Verskaf – Facebook

Mnr. Brunhild Strauss het in ‘n onderhoud met die Kommessaris, Anele Gxoyiya van die openbare eenhede van Openbare dienste van Hoofstuk 10 gehad.

Daar was belangrike kwessies wat aangeraak was, onder andere menseregte wat geskend word, dienslewering en die ambulansdienste.

Die doel van die Hoofstuk 10 Institusie is op die grondwet geskoei wat die waardes en beginsels forseer om aandag aan dienste te gee en sodoende aan mense die geleentheid te gee om hul probleme te laat hoor.

Die verantwoordelikheid daarvan is om seker te maak dat alle publieke dienste behoorlik toegepas word, onder personeel en sodoende ook aan mense die nodige dienste te kan verskaf.

Die Publieke Kommissaris Eenheid is gebaseer op ‘n provinsiale basis.

Volgens die Grondwet van Hoofstuk 10 – seksie 195 staan daar geskrywe dat:

  • Dienste moet met waardigheid aan gemeenskappe gelewer word.
  • Alle gemeenskapslede moet dieselfde diens ontvang in die publieke dienste.

Die mees belangrikste kwessie is dat daar aandag geskend moet word aan die gesondheidsfasiliteite.

Die kanaal wat gebruik word is om die mense eerste die nodige aandag aan te skenk.

Klinieke moet nie net gebou word nie, dit moet nie net daar wees vir mooiheid nie, maar wel dat daar dienste gelewer word.

Department van Gesondheid moet toesien dat daar genoeg personeel by verskeie klinieke wees sodat persone die nodige dienste kry wat hulle verdien.
Die vraag het ontstaan; “Wat gaan gebeur as daar nie aan die beginsels en waardes aandag gegee word nie?”

Mense raak kwaad oor die nodige hulp wat hulle nie ontvang wat aan hulle toe vertrou word nie.

Daar moet gekommunikeer word oor wanneer daar na mense se behoeftes gaan omsien word.

As mense nie die nodige dienste ontvang nie gaan hulle begin om drasties op te tree deur optogte te hou en daarvoor keer die Kommissaris.

Daar is tyd aspekte verbonde aan sodra die klagte ingedien is.

Die tydperk is 90 dae wat 3 maande is .

Indien die Kommissaris nie by die verskillende instansies uitkom nie kan die volgende nommer geskakel word; Tolvry nommer: 0800 701 701 en die direkte nommer: 053 832 6222

Met die kommissaris se besoek aan Steinkopf kliniek op Woensdag, 13 Julie het hulle vele uitdagings ervaar.

Die uitdagings sal opgeneem word met die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid en die premier dr. Zamani Saul, vir dringende ingryping.

Kommissaris Gxoyiya sal PSC in Noord-Kaap met daardie proses lei.

Sunè Cloete

Related post