Namakwalandse gemeenskappe raak moedeloos en raadop as gevolg van misdaad

 Namakwalandse gemeenskappe raak moedeloos en raadop as gevolg van misdaad

Foto : Verskaf – Facebook

Gemeenskappe van Namakwaland is raad op en moedeloos vir die misdaad wat afspeel in hul onderskeie gemeenskappe.

Eiendomme word vernietig en inwoners is moeg om nog te veg vir die gereg om op te tree.

Inwoners verloor hul waardevolle besittings deur hul eie gemeenskapslede wat hul rot-en-kaal besteel.

Gemeenskapslede is veronderstel om gemeenskappe op te bou, maar tog verkies hulle om hul dorpe af te breek wat heeltemal verkeerd is.

Nog ‘n bekende inwoner van Okiep se diesel is direk uit sy “vragmotortjie” gesteel.

Hoe kan jou motor veilig wees en dan word jou diesel nog uit jou tenk gesteel?

Ons as die gemeenskap sal moet saam staan en ‘n einde bring aan die wetteloosheid .

Mense het in die verlede geensins in vrees gelewe op hul dorpies, moet nou koes-koes in hul eie dorpies rond beweeg.

Die vraag wat opkom is: “Wat sal van ons jeug word?”

Kinders word nie blootgestel aan die positiewe dinge van die lewe nie, dus volg hul die verkeerde voorbeeld wat hulle by die ouer generasie raaksien.

Sosiale media stel ons daagliks bloot aan die negatiwiteit; en tog wil ons kinders deel wees daarvan, want vir hulle is dit die “wonderlikste” ooit.

As die toekoms van more, wat die jeug is, nou al so reageer , wat sal die positiewe uitkoms vir hulle toekoms wees?

Sunè Cloete

Related post