Beplande optog teen gesondheidsdienste

 Beplande optog teen gesondheidsdienste

Foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement loop tans deur onder geweldige uitdagings, en gemeenskapslede is warm onder die kraag.

Die tekorte aan permanente gesondheidswerkers, mediese vervoer en dienste, het baie kommentaar onder gemeenskapslede uitgelok.

NEHAWU gaan ‘n gemeenskapsoptog lei na die Port Nolloth Gemeenskap Gesondheid Sentrum op 12 April 2022, waartydens daar ‘n memorandum en petisie oorhandig gaan word aan die uitvoerende burgemeester van Namakwaland Distrik Munisipaliteit, Mnr. Mervin Cloete.

“Ons doel van die optog is om die frustrasies van die werkers en verskeie gemeenskappe uit te beeld; onder andere die verswakte gesondheiddienste in die streek, die swak basiese diensvoorwaardes by die fasiliteite, die onophoudelike tekort aan mediese personeel, tekort aan medikasie, tekort aan mediese toerusting asook algemene werkers en ‘n tegniese werker met ‘n assistent en die beskikbaarheid van volledige toegeruste ambulanse tydens noodgevalle,” het Julie gesê.

Die sloerstaking van die werkers gedurende etenstyd duur nog elke dag voort (Week 5) totdat daar verandering kom by die werksplek.

Bernadine Hearn

Related post