Premier Zamani Saul besoek die familie van vermoorde dogter

 Premier Zamani Saul besoek die familie van vermoorde dogter

Foto: Verskaf

Die permier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul het vanoggend die familie van die vermoorde elf jarige dogter, Relebogile Segami van Galeshewe besoek.

‘n Verdagte is sedertien vir die moord op die minderjarige in hegtenis geneem en het vandag sy eerste verskyning op ‘n klagte van moord, in die Galeshewe-landdroshof gemaak.

Die elf-jarige dogtertjie se liggaam was agter die gebou van die provinsiale wetgewing in Kimberley gevind.

Premier Saul was diep bedroef en ontsteld oor die nuus van die brutaal en sinnelose dood van die elfjarige.

Die premier het intussen ‘n beroep gedoen op gemeenskappe om saam met die parlement en polisie te werk, om ‘n einde te bring aan barbaarse individue wat floreer op die kwesbaarheid van vroue en kinders.

Die Premier het die inhegtenisname verwelkom en die gemeenskap gevra om selfbeheersing te beoefen en die wetstoepassers toe te laat om voort te gaan met die ondersoek.

“Ek het volle vertroue dat die aangeleentheid op die toepaslike wyse en met die dringendheid wat dit verdien, hanteer sal word,” het die premier in ‘n amptelike verklaring gesê.

Hy het vanoggend die familie van Relebogile Segami besoek om medelye namens die provinsiale regering aan hulle te betuig.

Hy was vergesel deur die LUR van Vervoer, Veiligheid en skakeling, me. Nomandla Bloem en Sosiale ontwikkeling, me. Topsy Vilakazi, sowel as die senior amptenare van die Suid Afrikaanse Polisiediens.

Intussen het inwoners van Kimberly in die Noord-Kaap hul skok uitgespreek, na die dood van die elfjarige meisie.

Die meisie was verlede week as vermis aangemeld.

Haar liggaam is ‘n paar dae daarna in ‘n veld gevind.

Na bewering is die graad-4-leerling verkrag en toe verwurg.

Volgens inwoners het die slagoffer die vermeende misdadiger geken.

Bernadine Hearn

Related post