RML CUTZ (EDMS) BPK, is ‘n haarkapper besigheid wat in 2023 geregistreer is deur Rowyne Koopman.

Hy is ‘n 18-jarige entrepreneur van Bergsig wat hom daartoe verbind het om die ekonomie in ‘n uitdagende ekonomiese gemeenskap ‘n hupstoot te gee deur werksgeleenthede aan die jeug te bied.

Die maatskappy het drie haarkappers uit die gemeenskap in diens geneem.

Wat Rowayne van ander haarkappers onderskei, is dat hy verkies het om skole in Namakwaland as ‘n mobiele skeerwinkel te bedien aangesien skole in hierdie area streng op selfverteenwoordiging is, met slegs spesifieke kapsels wat vir seuns toelaatbaar is.

Skoliere is gevolglik huis toe gestuur om hul kapsel aan te pas, wat ‘n terugslag vir hul studies was.

In die geval sal die skolier nie meer huistoe gestuur word nie, want RML Cutz is op die skoolterrein en hulle sal hul hare by die skool kan regmaak.

Dit beteken geen opvoeding sal van enige skolier weerhou word vir die verkeerde kapsel nie.

Deur die Black Mountain Complex ESD Fund is RML Cutz gehelp met befondsing om toerusting aan te koop om hare te sny.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *