Buitelander vasgetrek vir die handel in dwelms

 Buitelander vasgetrek vir die handel in dwelms

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

’n Buitelander sal na verwagting binnekort in die Britstown-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Die verdagte is op Donderdag, 21 Julie 2022 in Britstown vasgetrek tydens ‘n soek- en beslagleggingsoperasie genaamd “Operasie Vhuthu Hawe”.

“Die lede van Misdaad intelligensie, De Aar Openbare Orde Polisie (POP), De Aar K9 Eenheid en Hoofweg patrollie het inligting wat ingesamel is oor moontlike dwelmhandelbedrywighede by ‘n plaaslike taverne in Britstown geoperasionaliseer. Die verdagte is deursoek en in besit van khat gevind,” het die woordvoerder van die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, gesê.

Die distrikskommissaris van Pixley Ka Seme, Brigadier Nomana Adonis het lede geloof vir hul meedoënlose pogings om af te eis op dwelmhandel in die distrik.

Bernadine Hearn

Related post