Buitelandse burgers skuldig bevind op aanklagte van handel en besit in bedreigde spesies

 Buitelandse burgers skuldig bevind op aanklagte van handel en besit in bedreigde spesies

https://www.sanews.gov.za/south-africa/hawks-crimes-against-state-unit-probe-man-arrested-parliament

Twee buitelandse burgers van onderskeidelik 33 en 54 jaar is op 21 Julie 2022 deur die Upington-streekhof skuldig bevind en gevonnis vir vier aanklagte van handel en besit van bedreigde spesies (reptiele).

Daniel Lodhe en Marco Drescher is in November 2019 tydens ‘n operasie by Askham in die ZF Mgcawu-distrik in hegtenis geneem.

“Die operasie is uitgevoer deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan saam met die Gautengse Natuurbewaringspan. Die beskuldigdes is ná talle hofverskynings op borgtog vrygelaat. Die twee is ná ’n pleitooreenkoms met die staat gevonnis,” het Valke woordvoerder, Tebogo Thebe, gesê. 

Die beskuldigdes het albei ten volle opgeskorte vonnisse van twee tot vyf jaar gevangenisstraf of R50 000 tot R75 000 boete ontvang.

Lodhe is verder opdrag gegee om R350 000 aan die Natuurbewaring te betaal, terwyl Drescher opdrag gekry het om R100 000 te betaal.

Hulle is albei onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die twee is weer in hegtenis geneem oor ‘n ander saak sodra hul saak afgehandel is.

Thebe het gesê dat die Valke se ondersoek het die beskuldigde positief verbind word met ‘n ander saak waar daar ‘n poging was om bedreigde spesies onwettig uit die land uit te voer via die OR Tambo Internasionale Lughawe.

Hulle is van oortreding van die Wet op Bedreigde Spesies aangekla en sal voor die Kempton Park-landdroshof verskyn sodra hulle na die Gauteng-provinsie geneem word.

Bernadine Hearn

Related post