Hoërskool Concordia se HESOP- en Oral History-span het hul skool met trots verteenwoordig tydens die streekskompetisie wat Vrydag, 24 Julie 2026 by Hoërskool Namakwaland plaasgevind het.
Onder leiding van juffrou C. Basson het die leerders hul kennis, talent en selfvertroue ten toon gestel en indrukwekkende prestasies behaal.
Die span het bestaan uit Mia Muller, Siano Strauss, Zeenith Cloete, Jo-Ann October, asook die HESOP-spanlede Raydene Milford, Clishay Crew, Diara Magerman, Quinton van der Heever en Wihan Gribble.
Vier leerders, naamlik Mia Muller, Siano Strauss, Zeenith Cloete en Jo-Ann October, is gekies om die Namakwa-distrik tydens die provinsiale rondte in Kimberley te verteenwoordig.
Zeenith Cloete het deelgeneem aan die Young Historians-afdeling met die onderwerp Turning Point of South African Legislation: The Emergence of the New Constitution in 1996, terwyl Jo-Ann October die onderwerp The Truth and Reconciliation Process in South Africa aangebied het.
Mia Muller het in die poësie-afdeling deelgeneem met haar voordrag Western Cape: “Good Hope”, terwyl Siano Strauss in die storievertel-afdeling deelgeneem het met die tema Food Shortage and Malnutrition.
Die skool het al die deelnemers gelukgewens vir hul harde werk, deursettingsvermoë en uitstekende verteenwoordiging van Hoërskool Concordia.
Die bestuur het ook hul waardering uitgespreek teenoor almal wat met die voorbereiding van die leerders gehelp het.
Hoërskool Concordia het die vier leerders sterkte toegewens met hul voorbereiding vir die provinsiale rondte in Kimberley en gesê die hele Blouvlam-familie staan vierkantig agter hulle.
