Die uitmergelende watertoevoeruitdagings wat inwoners in die Nama Khoi regsgebied nou ervaar, lei na ‘n gevoel van mismoedigheid en frustrasie, veral vir die gemeenskap van Concordia.

Dis feit bly staan ongelukkig dat water teen ‘n laer druk gepomp moet word, om die risiko van gebarste pyplyne vermy.

Dit het tot gevolg gehad dat hoogliggende gebiede op Concordia soos Tweefontein, Saalspoort, Wheal Julia, ens. later water kry, of soms vir dae geen water het nie.

Die inwoners van die dorpie moes ‘n gebarste pyplyn en lae damvlakke trotseer.

Maar dit blyk egter dat daar wél lig aan die einde van die tonnel mag wees vir die gemeenskap.

Die Burgemeester van die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit, Dr. Gustav Bock het tydens ń onderhoud met NFM genoem dat daar beoog word om ‘n alternatiewe  waternetwerk die dorp te vestig, om omliggende dorpies met suiwer water te kan voorsien.

Fondse vir die waternetwerk is bekom, die aksie moet net volg.

Die gemeenskap van Concordia het onlangs ‘n suksesvolle petisie geloods vir die totale vervanging van die brose pyplyn vanaf Okiep tot Concordia.

Die Burgemeester kon egter nie spreek op die tydsduur van die vervanging nie, en ook wanneer die projek geloods sal word nie.

Hierdie projek is nie net vir Concordia gereserveer nie, maar sluit in omliggende dorpies soos Okiep, Matjieskloof, Bergsig en Springbok in.

Concordia is op hierdie stadium ‘n prioriteit omdat hierdie inwoners al vir jare en jare met dieselfde probleem.

Die Burgemeester het verder bygevoeg dat daar ‘n ontwikkelingsagterstand in alle munisipale areas voorkom.

Die 5-jaar begroting wat jaarliks hersien en aangepas moet word sal na 28 Februarie 2023 plaasvind, en ontwikkelingsprojekte soos infrastruktuur en rioolering is ook op die guns-lys.

Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit is tans besig om na verskeie groot projekte te kyk.

‘n Kommittee verantwoordelik vir die besluitnemingsproses, gebaseer op watter projek prioriteit moet geniet, is ook intussen saamgestel.

Die mees dringende kwessies sal natuurlik eerste getakel word.

Daar word ook beoog om ‘n paneel van spesialiste saam te stel, om ‘n regverdige aansoekgeleentheid vir tenders bied, om hierdie infrastrukturele- en rioleringsprojekte te reguleer.

Die bal word nou aan die rol gesit en inwoners van die Nama Khoi regsgebied kan seker wees en gemeenskapsgroei verwag in 2023.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *