Vandag word Wêreld-hardopleesdag gevier.
Deur hardop vir kinders te lees, help dit om hul taal te verryk, ontwikkel hul verbeelding en ontwikkel hul geletterdheidsvaardighede.
Wanneer kinders dit geniet as iemand vir hul lees, word hulle gereelde lesers.
Dit is dus belangrik om lees iets te maak waarna u kind uitsien!
Ter viering van Wêreld-hardopleesdag het die NCM PR Raadslid, Donne Lee Jano ‘n program by Francois Visser Primêre Skool op Pofadder aangebied, waar hy hardop gaan lees het vir 101 graad 1’tjies.








