Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap het onlangs miljoene rande opsy gesit vir ’n opleidingsprogram, om nuwe studente te help om gesondheidsorgwerkers te word.

Die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Maruping Lekwene, het gesê die departement het in die huidige boekjaar, R173 miljoen vir gesondheidswetenskap en opleiding begroot.

Hy het bygevoeg deur te sê dat die begroting R82 miljoen insluit vir die Henrietta Stockdale Verpleegkollege, en ‘n verdere R4.7 miljoen vir ‘n opleidingskollege in die nooddienste afdeling.

Lekwene het in ‘n amptelike verklaring gesê dat die nooddiens-kollege ‘n voorlopige akkreditasiesertifikaat verwerf het – om ‘n eenjaarkwalifikasie op te lei – wat ‘n vervanging is van die intreekwalifikasie in die beroep.

Hy het gesê sedert Januarie 2021 het die kollege 15 studente ingeskryf, waarvan 9 uit die gemeenskap gekom het.

Lekwene het verder gesê dat die Provinsiale Hersieningsraad vir Geestesgesondheid vanjaar aangestel is, en die raad het sedertdien ondersteuning en hulpbronne gekry om toesig te implementeer.

‘n Soortgelyke benadering is ook geneem om die Henrietta Stockdale Verpleegkollege-raad te laat herleef, om koördinasie op ‘n strategiese vlak tussen verpleegstudente, bestuur en die departement te versterk.

‘n Kollege-senaat is ook gestig en getaak met die proses om ‘n kurrikulum te ontwikkel, as deel van die kollege se oorgang na ‘n hoëronderwysinstelling.

Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat die toelating van nuwe studente as gevolg van dié prosesse sedertdien gestaak is.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.