Goeie gees van jongelinge maak Jeugdag2022 die moeite werd

 Goeie gees van jongelinge maak Jeugdag2022 die moeite werd

Illustrasiefoto: Gold Youth Development Agency

Suid-Afrika het op Donderdag, 16 Junie 2022 Jeugdag herdenk.

Jongmense, plaaslike nie-regeringsorganisasies, staatsdepartemente, gemeenskapsleiers en aktiviste het almal saamgekom by die Naledi Youth Centre op Port Nolloth, om Jeugdag te herdenk.

Die Gold Youth Development Agency in die Nama Khoi en Richtersveld areas onderskeidelik, is al heelweek besig met bewusmaking oor Jeugdag en die verrigtinge wat daarmee gepaardgaan.

Leerders en jongmense het sover as AlexanderBaai gekom om Jeugdag te herdenk.

Die polisie in die Namakwa-distrik se Kapelaan Baard het leerders bemoedig en op ‘n harde maar tog mooi manier aangepraat oor hul doen en late deesdae.

Die Gold Youth Development Agency in samewerking met die plaaslike gemeenskapslede en veral die jeug, is ‘n organisasie wat altyd opstaan vir die regte van die jeug, en die voordele wat hulle verdien.

Hul tema vanjaar het gehandel oor depressie en geestesgesondheidsverteurings of siektes.

As lede van die gemeenskap en die jeug, is Gold Youth Development Agency se lede kampvegters vir die welstand en vooruitgang vir die jeug in die plaaslike Nama Khoi en Richtersveld areas.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post