Daar sal vandag ‘n baie belangrike konsultasie proses plaasvind in die Richtersveld wat gelei gaan word deur die departement van vervoer.
Die doel van die konsultasiesessies is om die internasionale gestandaardiseerde vereistes wat ontplooi moet word uiteen te sit, die werk wat gedoen is om internasionale verpligtinge na te kom, plaaslike regering, hawegebruikers en die gemeenskap in te lig oor werk wat gedoen moet word en die impak daarvan.
Die Hoofdoel is om ‘n opdatering aan die plaaslike munisipaliteit, hawegebruikers, vissers en alle ander relevante komitees te verskaf wat direk betrokke is en relevant is deur die plaaslike distrik of munisipaliteit.
Dit is ook daarop gemik om betekenisvolle en inklusiewe betrokkenheid te bevorder, om te verseker dat alle belanghebbendes geraadpleeg en gehoor word in die gereedheid van die hawe van Port Nolloth.
