Die blomme is in volle glorie by Namaqua Nasionale Park en landskappe is bedek met skouspelagtige blomme van binneland tot kusgedeelte van die Park.
Afhangend van die weer, sal die blomme hopelik tot einde September 2023 goed hou.
Die Namakwaland-streek van Suid-Afrika val binne die Sukkulente Karoo-bioom, wat geïdentifiseer is as een van die wêreld se 34 biodiversiteit-brandpunte.
Daar is net drie brandpunte in Suid-Afrika.
In vergelyking met streke met soortgelyke semi-droë omgewings is die rykdom van hierdie Bioom uitsonderlik.
Namakwaland word verder van ander woestynstreke onderskei deur die teenwoordigheid van die volgende families: Mesebryanthemaceae (vygies); Iridacea (irids); Hyacinthaceae (lachenalias) en Crassulaceceae (crassulas).
Minimum temperature van minstens 18 grade word vereis vir die blomkrone om heeltemal oop te maak en om ‘n ervaring te verseker wat ‘n leeftyd sal hou.
Ons doen ‘n beroep op besoekers om te stop en langs ons staproetes te stap om die blomme op hul beste te ervaar en om by die Parke se reëls en regulasies te hou wat op ons webwerf gevind kan word: www.sanparks.org
Die Park is 7 dae per week oop vanaf 07h30 tot 16h00 vir dagbesoekers by Skilpad-ruskamp en van 08h00 tot 17h00 by Groenrivier-ruskamp.
Die blomme kan by verskillende roetes binne die Park besigtig word, insluitend die baie gewilde Rooikaalroete na Kookfontein, die kusroete in die rigting van die Hondeklipbaai-hek en 4×4 Kurubees-omgewing.
Die blomme het reeds begin piek en dit is nou die tyd om hierdie skouspelagtige blomme vertoonvenster te ervaar.
Ons het ‘n verskeidenheid staproetes, 4×4-roetes en ander doendinge soos sterrekyk beskikbaar, so kom vir die blomme en bly vir die unieke ervaring van Namaqua Nasionale Park.
Vir meer inligting en om meer te wete te kom oor al die parke wat deur SANParke bestuur word, besoek asseblief ons webwerf by: www.sanparks.org
Vir vorige mediaverklarings gaan asseblief na www.sanparks.org
Volg ons op Twitter @SANParke
Hou van ons op Facebook: Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
Volg ons op Instagram @sanparks
Praat direk met ons deur by die parke e-forum aan te sluit: www.sanparks.org/forum/
Uitgereik deur: Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) Arid Region Communications
Navrae: Genevieve Maasdorp: Kommunikasiebestuurder: Arid Parke SANParke: Tel: 054 338 0600














