Kleinzee is ‘n klein dorpie aan die weskus van die Noord-Kaap provinsie in Suid-Afrika aan die mond van die Buffelsrivier.
Dit is net suid van Grootmis, 72 km suidoos van Port Nolloth en 105 km wes van Springbok.
Voorheen ‘n geslote maatskappydorp, was dit bekend vir sy diamantmynbedrywighede tot in die 2000’s.
In 2012 het die sogenaamde onwettige diamantmynhandel in Namakwaland hoogty gevier.
Ongebruikte diamantmyne soos Buffelsbank, Nutteboi en Bontekoe was ‘n korf en gons met sogenaamde “delwers” wat diep in die buik van die aarde ‘n tonnel gemaak het vir die blinkklip wat ‘n beter lewe bring.
Tydens die ramp was daar 23 onwettige delwers vasgekeer, waarvan 11 ongedeerd gered was, 2 het beserings opgedoen en 10 lyke was onder die rotse uitgehaal.
Sommige sektore van die ekonomie van dorpe soos Springbok en Port Nolloth het gefloreer, maar niemand het geweet Namakwaland sou oor ‘n paar dae sy grootste mynramp beleef nie.
In die vroeë oggendure van Dinsdag 22 Mei 2012 het die Bontekoe-myn buite Springbok ineengestort met verskeie mynwerkers wat in die maag van die aarde vasgekeer was.
Die ramp het daartoe gelei dat al hoe meer onwettige mynwerkers die eens myndorp Kleinzee toegesak het met die soeke na diè blinkklip.
Die ingang vanaf Port Nolloth se kant na Kleinzee is vuil, met onwettige delwers wat openlik sit en “dig”.
Sakke en sakke gruis sit opeengestapel, waarvan verneem word dat die polisie het nie genoeg hande het om die probleem aan te spreek nie.
Bleikbaar is daar klagtes van prostitusie, dwelmmisbruik en van onwettige immigrante wat die area binnestroom.
“Hierdie is die nalatenskap van mense soos Swartbooi en sy baas wat mense in hordes na Namakwaland genooi het om te kom delf. Die maatskaplike probleme is legio. En nee, nie alle onwettige delwers is arm en wil kos op die tafel sit,” het Veronica van Dyk gesê.
Sy verwys daarna dat dit georganiseerde misdaad is en dat mense deur die week werk en naweke delf.
Sommige daag met werksvoertuie op en laai spanne af om te delf en dat baie delwers luukse motors het.
Delwers myn in onveilige omstandighede.
Namakwaland se mense word uitgebuit.
Hulle werk vir daglone en as hulle gevang word sit hulle met ‘n kriminele rekords, terwyl die persoon wat die diamante verkoop, die voordeel trek.
Delwers wat self verkoop, kry meestal minder vir hul diamante as markverwante pryse.
Werkloosheid moet aangespreek word, maar nie ten koste van ons mense.








