Lede van die Upington-grenspolisie het op Dinsdag 28 Maart 2023 gereageer op inligting wat ontvang is van ‘n perseel in Pabalello waar dwelms na bewering verkoop word.
Die perseel is deursoek en daar is beslag gelê op Mandrax-tablette ter waarde van R4 700.00, dagga ter waarde van R434.00 en ‘n onbekende bedrag kontant.
“Twee mans van 39 tot 32 jaar oud is gearresteer en aangehou vir die handel in dwelms”, het polisiewoordvoerder Adjudant offisier Omphile Masegela gesê.
Die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu Brigadier Peet Coetzee het die pogings van die lede om dwelms uit die strate te verwyder, geloof.
Masegela het bygevoeg dat Peet ook die gemeenskapslede aangemoedig het om dwelmhandelaars bekend te maak om die verspreiding van dwelms in ons gemeenskappe hok te slaan.
