Die polisie in die Namakwa-distrik verwelkom die twee lewenslange vonnisse wat onlangs in die Port Nolloth-landdroshof, aan twee verkragters opgelê is.
‘n 32-Jarige vrou het op 07 Januarie 2020 saam met die twee mans in Sandrift naby Alexanderbaai gedrink.
Die twee mans het die slagoffer gedreig en haar daarna om die beurt verkrag.
“Dario Joseph (27) en Maxwell Fortuin (31) is die volgende dag in hegtenis geneem. Die beskuldigdes is suksesvol met hul DNS verbind, en op 17 Februarie 2023 tot lewenslange tronkstraf gevonnis,” het luitenant kolonel Sergio Kock, ‘n woordvoerder vir die polisie gesê.
Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, brigadier Sipho Kheswa het adjudant offisier Shawn Brandt, adjudant offisier Louw en speur kaptein Swanepoel geloof vir sy noukeurige werk en bystand in die ondersoek wat tot die vonnisse gelei het.
