Dwelmmisbruik raak al hoe meer ‘n kopseer in die Namakwa-distrik, wat na soveel sosiale euwels lei in diè distrik.
Nadat dwelmverslawing in die huis van pastoor Andy Brandt gewoed het, het dit hom genoodsaak om die pulpit binne die gebou te verruil vir die pulpit aan die buitekant.
Brandt en sy vrou Charlene is die stigterslede van die Namaqua Recovery Halfway House wat op Nababeep geleë is.
Die paar het destyds begin om by die stortingsterrein voedsel uit te deel aan die persone wat daar woonagtig was, maar was in die tussentyd na ‘n ander plek geneem.
Op die stortingsterrein het hulle agter gekom dat daar vervalle en gebroke persone woonagtig was, en dat hulle met diè tipe persone wil werk om ‘n geestelike verskil in hul lewens maak.
Suksesse
Wendy van Zyl, is een van die suksesverhale van die stortingsterrein wat deur die paartjie vir drie maande Kaap toe gestuur was, waar sy deel was van ‘n leierskapskursus.
Die kompleks is ‘n kanaal om ander te help en God het deur gekom.
Desember 2021 trek hul in geloof in die kompleks in, al was daar niks in die gebou nie.
In Januarie 2022, was daar 5 persone in die kompleks opgeneem en sedertien het 32 persone deur dit gekom en 8 het dit ongelukkig nie gemaak nie.
“Ene se ma het hom gesê dat hy net vir 15 dae opgeneem word en die ander het oor die muur gespring.”
Baie was skepties oor die kompleks, maar baie veranderinge het plaasgevind.
Brandt spreek sy dankbaarheid teenoor sy vrou uit, in die lig dat hy as man nie met sekere mense kan werk nie.
“In die kompleks kan nie manne en vroue saambly nie, alhoewel daar nou 30 vroue op ‘n waglys van Kimberley is,” het Bandt met opgewondenheid gedeel.
Die Namaqua Recovery Halfway House, word interkerklik bestuur en hulp word benodig om verslawenes te kan help.
Uitdagings
Die grootste uitdaging wat hulle in die gesig staar is die Nama Khoi dienste rekening, wat +/- R3000 per maand is.
Brandt se idee is om kerke aanboord te kry, om een verslaafde te borg en te help met nasorg.











2 Comments