Noord-Kaap leerder verteenwoordig SA op internasionale verhoog

 Noord-Kaap leerder verteenwoordig SA op internasionale verhoog

https://f7t7z9y5.stackpathcdn.com/wp-content/uploads/2019/12/Chaylin-Myburgh-IMG_0544.jpg

‘n Leerder van Kimberley Girls High School gaan die land op die internasionale verhoog verteenwoordig.

Chaylin Myburgh is deur die Eskom Expo gekies om na Atlanta, Georgia, in die VSA te reis om die land by die Broadcom Masters (Maths, Applied science, Technology and Engineering Rising Stars) te verteenwoordig.

Luidens ‘n verklaring wat deur die Noord-Kaapse regering uitgereik is, vorm dit deel van ‘n internasionale program wat saam met die 2022 Regeneron International Science and Engineering Fair loop.

Die program is gefokus op individuele ontwikkeling en leierskap.

Die Provinsiale Regering sê Chaylin se projek het ten doel om twee sonkragwaterverwarmers te vergelyk wat meestal van herwonne materiaal gemaak is – een gemaak van ’n aluminiumblikkie en die ander van staal – om te bepaal watter een water vinniger kan verhit.

In die uitbreiding van die projek is ‘n silikon bottel en glasfles bygevoeg om te bepaal of hierdie materiale water vinniger sou laat verhit.

Daar is vasgestel dat aluminiumblikkies water vinniger laat verhit.

Die Provinsiale Regering sê dat Chaylin se projek moontlik gebruik kan word wanneer nuwe sonkragwaterverwarmers ontwerp word.

Bernadine Hearn

Related post