Duo vas vir die besit van dagga

 Duo vas vir die besit van dagga

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Twee verdagtes is in besit gevind van 78 zippep locked pakkies dagga en kontant ter waarde van R5 569.00 wat vermoedelik die opbrengs van handel in dagga is.

Op Maandag, 09 Mei 2022 omstreeks 20:00, was ‘n wakker polisiebeampte op die regte plek op die regte tyd toe hy twee voertuie wat in ‘n ongeluk in Colesberg betrokke was, opgemerk het.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die ongeluk het op die Colesberg-afrit plaasgevind wat die N1-Suid verbind.

Toe hy die toneel nader, het hy gesien hoe die insittendes van die bakkie wat in die ongeluk betrokke was, dagga uit die laaibak haal en in die veld wegsteek.

“Hy het die misdaadtoneel beveilig en vir ondersteuning gevra.  Die twee is op die toneel in hegtenis geneem en van die handel in dagga en aangekla,” het Tawana gesê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Colesberg-landdroshof verskyn.

Die Pixley Ka Seme-distriksbevelvoerder, brigadier Nomana Adonis het die arresterende beampte geprys vir sy waaksaamheid, wat gelei het tot die arrestasie van die duo.

Bernadine Hearn

Related post