Dwelms wat die Namakwa gemeenskappe binnedring, bly ‘n kommerwekkende area vir die polisie.

Vandaar die vinnige reaksie deur die lede van die Springbok SAPD Openbare Orde Polisiëring (POP) eenheid wat inligting opgevolg het en agt verdagtes vir beweerde dwelmhandel in Springbok gearresteer het.

“Op Dinsdag, 06 Augustus 2024, omstreeks 22:00, het die polisie ‘n huis in Vygiestraat, Bergsig, deursoek en 7 persone, 1 vrou en 6 mans gearresteer. Dit nadat hulle Tik en Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R1 114-00 op beslag gelê op dieselfde perseel,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

Op ‘n aparte plek het die polisie nog ‘n man by sy huis in 7de Laan, Bergsig in hegtenis geneem in besit van Mandrax en Tik met ‘n geraamde straatwaarde van R3400-00, en ‘n onbekende bedrag kontant sowel as ‘n skaal.

Kock het gesê dat die verdagtes is tussen 18 en 53 jaar oud en sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *