“Nuuskierigheid het daartoe gelei dat ek kuns oorweeg het, nadat kunswerke agter ‘n toe deur plaas gevind het,” het Eugene “Junior” Oliphant, kunstenaar in die Noord- Kaap gesê.

Onlangs was Oliphant die gas op ‘Jou Storie’ wat Vrydaemiddae 15:10 op Radio Nfm 98.1 uitgesaai word.

Valmey van den Heever, anker van die program sê dat dit vir haar ‘n “blast” is om die program aan te bied en elke week met talentvolle persone te gesels.

Die talentvolle jong man het groot geword in Johannesburg en het hom hervestig in Kimberley.

Hy beskou homself as ‘n visuele kunstenaar en hy lê nie klem op ‘n spesifieke styl nie.

Behalwe die skeppende kuns doen hy ook fotografie, tatoeëermerke en grafiese ontwerp.

Die styl en medium waarin hy veral spesialiseer is graphite en charcoal.

“In graad 3 het ek ‘n belangstelling in kuns ontwikkel. My oom was by ons woonagtig wat ‘n kunstenaar was en hy het geheimsinnig agter toe deure gesit verf en teken. Nooit het hy toegelaat dat ek in sy kamer mag kom nie. My nuuskierigheid het die oorhand gekry en ek het in sy kamer ingeglip. Dit wat ek daar gesien het, het my geïnspireer en dit was net mind blowing, en sedertien was daardie saad geplant in my hart,” het Oliphant opgewonde gesê.

In graad 7/8 het hy tot die slotsom gekom dat hy sy kunswerk as ‘n professionele beroep wil beoefen.

In 2018 het hy Communication design studeer aan die Central University of Technology.

Sedertien het hy sy eerste kunsuitstalling gehad, wat deel uitgemaak het van ‘n kuns kompetisie.

Oliphant sê dat hy Communication design as ‘n hoofvak geneem het sodat hy ‘n volhoubare salaris elke maand kan ontvang.

Om ‘n bestaan as kunstenaar te maak, is baie moeilik, nou probeer hy om te fokus op sy kunswerk wanneer hy kans kry.

Die bekende frase; “Curiosity kills the cat”, maar in sy lewe is dit totaal anders.

Bemarking is een van die moeilikste uitdagings om ‘n kunstenaar te wees, want op die einde van die dag moet jy jouself oorweeg as ‘n besigheid.

Onlangs het hy vir die eerste keer twee van sy kunswerke begin verkoop, waarvan hulle onderskeidelik 2018 en 2022 geskilder was.

“Majority van my tattoo kliente wat ek het soek client commissions, hulle kom dan vir portrait commissions van hulle troeteldiere, oumas, oupas, kinders ensovoort,” het hy bygevoeg.

Die belangrikste deel is om kop bo water te hou en die moeilikste deel daarvan is om sin van alles te maak.

As ‘n fondsinsamelingsprojek het hy ‘n kunsuitstalling gehou om vir sy reis na London te betaal, waarvan hy R 100 000, 00 benodig het vir dit.

Die LUR van Sport, kuns en kultuur, Desery Fienies en LUR vir Jeug, Vroue, Gestremdheid, Kommunikasie en E-Regering in die Noord-Kaap, Venus Blennies, het diè R100 000, 00 tot sy reis na London bygedra wat plaasvind vanaf die 19 Mei tot 2 Junie 2023.

Written by:

1 Comment

  • Jay

    22/05/2023

    Tһanks for finalⅼy writing about > Nuuskierigheid prikkel jongman se aangetrokkenheid tot kuns – Radio NFM 98.1
    < Loved it!

Leave a Reply to Jay Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *