Fiksheid bevorder positiewe ingesteldheid

 Fiksheid bevorder positiewe ingesteldheid

https://www.evolutionofbodybuilding.net/health-tips-7-physical-health-and-mental-health-tips/

Jy is vasgevang, moedeloos, en wil net opgee.

Jy val, maar weier om op te staan en dan steek jy jouself weg en verstoot die wat omgee vir jou.

Dit is ‘n swaar geveg om op jou eie te baklei met iets wat onverwags opdaag.

Dit is moeilik om te veg teen alles binne jouself en geen uitweg sien nie.

Jou geestesgesondheid bepaal baie dinge in jou lewe: die  manier waarop jy jou medemens behandel, die manier waarop jy jouself behandel en voorlê, hoe jou denke werk en hoe jy na jou toekoms kyk.

Hierdie geestesiektes soos: depressie, angs, bipolêre versteurings kan lei tot selfmoord, wat lei tot verlies in jou lewe en kan selfs tot tragedie uitloop.

Daar is maniere waarop jy hierdie geestestoestande kan verbeter.

‘n Goeie manier is om na jou fiksheid te kyk.

Dit klink dalk nie soos ‘n goeie idee vir iemand wat nie eers  hulself in die spieël kan kyk nie, maar om aktief te wees gee jy jouself stadig kans om ‘n verbetering vir jouself te bied. 

Om vir ‘n kort tydperk per dag aktief te wees kan jou geestelike waaksaamheid, energievlakke en jou positiewe bui verbeter.

Dit is deur dokters bewys dat om aktief te wees jou ‘n positiewe uitkyk op die lewe te gee en verlaag die simptome van depressie en angs.

 Hier volg voordele wat fiksheid wat u kan toepas:

-Fisiese aktiwiteit verhoog endrofien vlakke, die liggaam se bekende “goedvoel”-chemikalie wat deur die brein en rugmurg geproduseer word.

 Dit veroorsaak gevoelens van geluk en euforie.

-Selfs net matige oefening deur die week kan depressie en angs verbeter, soveel so dat sommige dokters oefening aanbeveel in plaas van medikasie.

-Dit verminder stress.

 Die verhoging van jou hartklop kan eintlik stress-geïnduseerde breinskade omkeer deur die vervaardiging van neurohormone, wat nie kognisie en bui verbeter nie, maar verbeterde denke wat deur  suksesvolle gebeurtenisse vertroebel word.

-Oefening dwing ook die liggaam se sentrale en simatiese senuweestelsels om met mekaar te kommunikeer, wat die liggaam se algehele vermoë om op stres te reageer, verbeter.

-Verhoogde selfbeeld en selfvertroue, om gewig te verloof, spiertonus te verhoog en uithouvermoë te verbeter is die prestasies wat ‘n geweldige hupstoot in selfbeeld en die selfvertroue wat daarmee gepaard gaan.

-‘n Verbetering in slaap skedule, fisiese aktiwiteit verhoog liggaamstemperatuur, wat n kalmerende uitwerking het op die gees. (Hoewel oefening ‘n voordeel vir slaap is, beveel slaap kenners aan om nie naby slaaptyd te oefen nie.)

-Dit gee ook jou brein ‘n hupstoot. ‘n Versterking in geheue en  breinkrag op ‘n aantal maniere.

“Maak jou gesondheid, jou gevoelens en jou fisiese fiksheid prioriteit.”

Nfm Nuus het met Mnr Nigel Cloete gesels, fiksheidsinstrukteur en boorling van Concordia wat kan gedoen word hoe fiksheid jou geestesgesondheid bevoordeel.

Fiksheid en geestesgesondheid nota:

Die meeste mense, oud en jonk, veral in landelike gebiede, besef nie eindelik die groot voordele wat ‘n fiksheid styl kan bydra tot jou welsyn, geestesgesondheid en lang lewe nie.

Sommige sê dat fiksheid nie vir hulle is nie, maar fiksheid is vir ons almal.

 Wanneer jy konsekwent aan jou fiksheid werk en dit in jou lewe inkorporeer, verminder jy jou kanse om jouself geweldig aan leefstylsiektes bloot te stel, soos bloeddruk, diabetes, cholesterol, ens.

Jou geestesgesondheid bevoordeel ook aansienlik wanneer jy aktief is (wanneer jy fisies besig is, fokus jy op die oefeninge en jy sal nie aan bekommernisse en depressie dink nie, dit is ook ‘n vorm van meditasie).

“Sodra jy fikser word en ‘n positiewe verbetering in jou liggaam sien, sal jy baie beter begin voel, energiek en baie meer vertroue hê wat op sy beurt negatiewe geestesgesondheid sal beveg,” het Cloete gesê.

Omring jouself met positiewe mense en pak positiewe aktiwiteite aan. Kyk na jouself.

Stel jouself en jou gesondheid eerste en maak ‘n verskil in jou lewe.

Courtney Saal

Related post