Voortvlugtende verdagte vasgekeer

 Voortvlugtende verdagte vasgekeer

https://s3.us-west-2.amazonaws.com/cobbcounty.org.if-us-west-2/prod/s3fs-public/styles/thumbnail_263x194/public/2018-07/Court-Gavel-Thumb.jpg?itok=c2UcIq5k

Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekspan en Ernstige korrupsie-ondersoek -lede het ‘n 40-jarige verdagte op Vrydag, 22 April 2022 gearresteer.

Kaptein Tebogo Thebe, woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap het die beskuldigde in Februarie 2021 in besit van 0,52 g tik gevind, ‘n dossier is ge-open en na die senior staatsaanklaer geneem vir besluitneming.

Die senior staatsaanklaer het besluit om die beskuldigde aan te kla en hy is dienooreenkomstig ingelig.

Hy sou na verwagting in Desember 2021 in die hof verskyn, maar het nie opgedaag vir die verhoor nie .

’n Lasbrief vir arrestasie is uitgereik wat tot ’n lang opsporingsoperasie gelei het. In ‘n stadium is die beskuldigde glo in Groblersdal gevolg deur Klerksdorp in Noordwes.

“Die polisie het volgehou en verdere navrae is in Klerksdorp gedoen en daar is vasgestel dat hy na gin Globlershoop omgewing gevlug het. Op Vrydag, 22 April 2022 is inligting ontvang dat die verdagte in Upinton was en van plan was om Upinton per bus te verlaat. ’n Span is saamgestel en het die beskuldigde aangekeer toe hy op die punt was om op die bus te klim,” het Thebe gesê.

Die verdagte sal na verwagting Maandag, 25 April 2022 in die Upington-landdroshof verskyn.

Related post