Die streekhof in Fraserburg het onlangs 7 jaar tronkstraf opgelê aan die 48-jarige Sielja Konstabel ná die messteek van haar 12-jarige dogter in Fraserburg op Saterdag, 21 Augustus 2021.

Die hof het gehoor hoe die beskuldigde, wat die slagoffer se ma is, woedend was dat die kind haar kos geëet het, ‘n mes gegryp en die slagoffer in haar linkerskouer gesteek het.

Die slagoffer het gevlug en die voorval by die polisie aangemeld wat die beskuldigde daarna in hegtenis geneem het.

Die Hof het ‘n 7 jaar tronkstraf vir aanranding opgelê, wat opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde dat sy nie enige ander verwante misdaad pleeg nie.

Sy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *