Die polisie in Galeshewe ondersoek die tragiese dood van ‘n vierjarige dogtertjie, wat na ‘n vermoedelik voedselvergiftiging gesterf het.
Sy en haar oom, Thapelo Simanga, het na bewering brood by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop en is kort daarna siek geword.
Die dogtertjie het nie die plaaslike hospitaal gehaal nie, terwyl haar oom daar behandel word.
Gemeenskapslede, saam met die MK-party, het Sondagaand ‘n waak buite die snoepwinkel gehou om te voorkom dat dit weer oopmaak.
Die familie van die dogtertjie vra dat die owerhede streng optree teen spaza-winkels wat vervalle voedsel verkoop.
Sersant Timothy Sam het bevestig dat die polisie die omstandighede rondom die meisie se dood en haar oom se hospitalisasie op 20 Oktober ondersoek.
‘n Lykskouing sal ook gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood vas te stel.
Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content