Geldmagnaat in wording – Esau

 Geldmagnaat in wording – Esau

Voordat die aspirtante jongman Justin Donald Esau na Saoedi-Arabië vertrek het, het hy met soveel opgewondenheid en groot verwagtinge gepraat oor sy reis.
Hy het sy dankbaarheid teenoor SEDA uitgespreek omdat hulle hom hierdie geleentheid gebied het.
“Ek raai jong entrepreneurs aan om kanse te waag, omdat jy nooit weet waarheen die lewe jou volgende kan neem nie,” het hy gesê.
Esau is opgewonde wanneer hy praat van sy reis na Riyadh, in Saoedi-Arabië.
Hy het vanaf Springbok na Kaapstad vertrek, waar hy vir siektes soos geelkoors en meningitis ingeënt moes word.
Na die nodige inentings het hy vertrek na Johannesburg waar hy na Kaïro sou vlieg, maar daar was ietwat komplikasies, wat hy vining kon uitsort.
Esau sê die wagtydperk tussen verbindingsvlugte was soms twaalf ure.
Geensins het hy daaroor gekla nie, want hy kon besigtiging doen daar waar hulle moes wag.
Hy kon die Nylrivier besigtig en die Piramides van Giza sien.
Laggend met die prentjie in sy gedagte van vier bane met sewe motors langs mekaar, vertel hy dat hy die kulturekle kookkuns die meeste geniet het, en georganiseerde chaos op die paaie gesien soos nog nooit tevore nie.
Wat jy wel kan agterkom is dat Esau hom vreeslik geniet het.
“Behalwe die kans dat ek nuwe dinge kon sien en ervaar, was dit ‘n baie goeie leerkurwe wat my meer ontwikkel het as ‘n sakeman/entrepreneur. Ek was in die teenwoordigheid van verskeie miljardêrs en beleggers, wat hul besigheidsondervinding en wenke gedeel het, om my besigheid te verbeter en te laat groei,” voeg Esau by.
Die jong sakeman sê dat hy geëerd voel om deel te wees van ‘n steeds groeiende sakesektor.
Hy is positief met al die kennis wat hy tydens sy reis na Riyadh opgedoen het, sekerlik sy twee besighede na die volgende vlak kan neem.
Buiten die bestuur van ‘n suksesvolle bemarkingsmaatskappy, het Esau onlangs die nuwe beeld van sy tutormaatskappy Scholarly Network bekendgestel.
Deur sy tutormaatskappy wil hy ‘n platform skep waar kinders floreer akademies en beter maniere te vind om te leer.
Met die opvoedingsnetwerk wil hy verskillende professionele persone in verskillende sosio-ekonomiese velde verbind sodat hulle maatskaplike werkers, dokters en psigiaters kan koppel om skoliere op elke moontlike manier te help.
Esau is positief oor sy gemeenskap en die nuwe veranderinge sal nie net sy gemeenskap bevoordeel nie, maar ook die hele Suid-Afrika met ‘n basis van gemeenskapswerkers en tutors verbind.
Hierdie jongman maak beslis skuiwe en neem jonk en oud saam met hom.
Een van sy doelwitte wat hy nastreef, is om vroeg af te tree.
Hy wil sy besigheid laat groei sodat dit later deur ‘n direksie saam met hom as voorsitter bestuur word, en wil graag hê dat meer besighede moet saamwerk omdat hy glo dat daar ‘n stukkie van die pastei vir almal is.
Graag wil hy meer jong entrepreneurs aanraai om by organisasies soos NCC betrokke te raak, want dit is waar sake-eienaars bymekaarkom en hul kennis deel.
“Die begin van ‘n besigheid is moeilik en voordat jy jou doelwitte kan bereik, sal mense jou ignoreer en mense sal jou bespot, maar met harde werk en vasberadenheid sal hulle jou uiteindelik vier,” het Esau bygevoeg.
“Die beste tyd om ‘n besigheid te begin was 20 jaar gelede, maar die tweede beste tyd is nou.”
Omring jouself met positiewe mense en mense wat deur dieselfde ervarings as jy gaan.
Leer om saam te groei, want daar is ‘n plekkie onder die son vir ons almal.

Azelle Engelbrecht

Related post