‘Shackbuilders’ help ons mense.

 ‘Shackbuilders’ help ons mense.

Quinton Adams, ‘n gemeenskapsleier en aktivis ook better bekend as “The Shack builder” het verlede Sondag die lewens verander van Dries en Diena, ‘n bejaarde paartjie op Soebatsfontein. Dit kom nadat hy aan hul behoefte vir ‘n nuwe, veiliger en meer toegankliker huisie voorsien het. Die huisie waarin hierdie egpaar gewoon het, was beskadig en byna onbewoonbaar, en dit sou onregverdig wees on toe te laat dat enigeiemand in so ‘n struktuur, veral tydens die komende winter.
NFM Nuus het met Oom Dries gesels wat al 28-jaar op Soebatsfontein woon, en eintlik van Wonderfontein afkomstig is. Die winterseisoene op Soebatsfontein is snerpend, maar hierdie paartjie is nou nóg gelukkiger, warmer en veiliger, te danke aan Adams en sy span.
Die koue winternagte was glad nie so aangenaam vir die paartjie nie.
Hulle het uitdagings gehad soos lekkasies en gate, wat ‘n gemaklike lewe beinvloed het.
Hulle het in diepte vertel van die nypende tekort aan water wat hulle in die Soebatsfontein-area ondervind en dat die behoefte daaraan gesondheidsrisikos inhou.
Die egpaar is vreeslik opgewonde vir die ‘shack’ wat deur Adams en sy span aan hulle oorhandig was, asook vir die warmte wat die nuwe skuilte hulle sal bied.
Op 26 April 2022 het NFM Nuus teruggekeer na Soebatsfontuin om na die vordering van die ‘shack’ van die egpaar te gaan kyk.
Die inwoners op Soebatsfontein het die NFM-span met warm en vriendelike harte ontvang, en was meer opgewonde om te kon sien hoe Adams en sy span die behoefte van die egpaar aanspreek.
Die inwoners op die dorp noem dat hulle swaar kry en dat die nooddiensgeriewe nie so aangenaam is nie.
Die water, eletriteit en opvoeding is ‘n groot bron van kommer op die dorp.

Courtney Saal

Related post