Talle hoëdigtheid-bedrywighede regoor die provinsie kry momentum deur sigbare polisiëring en aksies, insluitend padblokkades, voertuigkontrolepunte, stop- en deursoekings, patrollering van brand punt-areas, voldoeningsinspeksies aan tweedehandse goedere en skrootwerfhandelaars, drankpersele, skoolbesoeke en bewusmaking veldtogte vir die tydperk van 05-08 Junie 2023.
Luitenant Kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord- Kaap het gesê dat van die hoogtepunte van die suksesse wat in die vyf distrikte behaal is, naamlik Frances Baard, ZF Mgcawu, Namakwa, John Taola Gatsewe en Pixley Ka Seme, is soos volg.
Talle intelligensie-gedrewe aksies is in Prieska uitgevoer deur die De Aar Openbare Orde Polisiëringseenheid, Provinsiale Georganiseerde eenheid, Misdaadintelligensie, De Aar K9, snelwegpatrollie en immigrasiedienste, waar die multi-dissiplinêre span ‘n groothandel- en kleinhandelwinkel toegeslaan het, waar ‘n aansienlike bedrag beweerde vervalste goedere gekonfiskeer is.
Die ZF Mgcawu Kluster Span en K9-eenheid in Upington het op ‘n volwasse vrou toegeslaan en haar vir dagga ter waarde van sowat R71 000,00 gearresteer.
“In die Namakwa-distrik het die Springbok-misdaadintelligensie- en K9-eenheid twee deursoekingslasbriewe in Buffelsrivier en Kommagas by beweerde dwelmhuise uitgevoer en vyf verdagtes gearresteer en beslag gelê op ‘n onbekende hoeveelheid Mandrax-tablette, Tik en Dagga,” het Kock gesê.
Die Frances Baard-distrik het deurlopende nakomingsinspeksies tydens die ontwrigtende bedrywighede in Windsorton uitgevoer en ‘n aansienlike hoeveelheid drank gekonfiskeer en ‘n onwettige sjebien toegemaak.
Die blitsvinnige reaksie van die Prieska-polisie op beweerde veediefstal het verseker dat twee manlike verdagtes op heterdaad betrap is terwyl hulle twee Dorperskape ter waarde van sowat R5 000 geslag het.
Kock het bygevoeg dat in die JTG-distrik is die Kathu-stortingsterrein deur die Kathu SAPD Maatskaplike Misdaadkoördineerder, Sektorbevelvoerder en Veiligheidsvrywilligers besoek waar hulle betrokke was by en interaksie gehad het met gemeenskapslede by die terrein om hulle op te voed en te sensitiseer oor middelmisbruik en veiligheidspamflette versprei het.
Stasies het ook ewekansige voertuigkontrolepunte uitgevoer om verkeersoortredings aan te spreek en te fokus op die vervoer van gesteelde goedere, onwettige vuurwapens en dwelms.
“Die hoëdigtheid-operasies sal voortgaan en meer stewels op die grond sal verhoogde sigbaarheid in alle brandpuntgebiede verseker in ‘n poging om die gemeenskap van misdadigers terug te eis,” het Kock mee afgesluit.