Die Kabinet het na verwagting vandeesweek die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone (SEZ) in Aggeneys aangewys.
Die genoemde aanwysing was gedoen in ooreenstemming met die Wet op Spesiale Ekonomiese Sone (SEZ).
As dit korrek geïmplementeer word, het die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone die potensiaal om mynbouveredeling, produksie van groen waterstof, infrastruktuurontwikkeling, hernubare energie en landbouverwerking te ontsluit.
Meer as R29 miljard se beleggings is reeds in die eerste fase van die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone-proses verbind.
Dit sluit verpligtinge van Vedanta Zinc (R 16 miljard), Frontier Rare Earth (R 13 miljard), Hive Energy (R 200 miljoen) en RRS Handel en Belegging (R100 miljoen) in.
