Hoërskool Concordia se matriekleerders het Maandag, 3 Augustus 2026, hul Matriekafskeid-uitnodigings op ‘n besonderse wyse ontvang, in die vorm van ‘n boek.
Die simboliese uitnodiging verteenwoordig die verhaal van hul hoërskoolloopbaan, gevul met groei, uitdagings, vriendskappe en onvergeetlike herinneringe.
Volgens die skool simboliseer die boek die afsluiting van een hoofstuk en die begin van ‘n nuwe fase wanneer matrikulante op 22 September hul Matriekafskeid vier.
Die skool het sy beste wense uitgespreek dat elke leerder met moed, wysheid en selfvertroue hul volgende hoofstuk sal aanpak, terwyl die waardes en herinneringe van Hoërskool Concordia hulle altyd sal vergesel.
Die skool het ook sy waardering uitgespreek teenoor me. Sharne Links vir die kreatiewe voorbereiding van die uitnodigings, wat die geleentheid nog meer betekenisvol gemaak het.


