Vir die afgelope drie weke was Hoërskool Okiep bevoorreg om ’n oudleerder, juffrou Lireen Cloete, weer in hul midde te kon hê.

Juffrou Cloete is tans in haar vierde jaar van onderwysstudies aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley.

Vir die afgelope vier jaar het sy haar alma mater gekies om haar praktiese onderwys te doen, met fokus op English FAL en Geskiedenis.

Oor ’n paar maande sal sy haar studies voltooi en as ’n volwaardige onderwyseres die onderwysveld betree.

“Ons wil graag vir Juffrou Cloete bedank dat sy Hoërskool Okiep gekies het as plek waar sy haar passie vir onderwys uitleef. Ons wens haar alle voorspoed toe op die pad vorentoe. Mag sy die kinders wat aan haar toevertrou word, inspireer om die “beste weergawe van hulself” te wees,” het die skool gesê.

Die skool is oortuig dat sy ’n bron van hoop en motivering vir baie jongmense gaan word.

“Bou voort, juffie – die toekoms is joune!” het die skool mee afgesluit. 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *