HSN en S.A. Van Wyk kraai koning tydens Globale Wind Dag kompetisie

 HSN en S.A. Van Wyk kraai koning tydens Globale Wind Dag kompetisie

Illustrasiefoto: Globale Wind Dag 2022

Kangnas Windplaas het op Woensdag, 15 Junie 2022 Globale Wind Dag gevier, tesame met verskeie skole in die Nama Khoi regsgebied.

Kangnas het sowat ‘n maand gelede ses skole – vanuit die windplaas se begunstigde gemeenskappe – uitgedaag om in groepe van ses leerders, ‘n windturbine te bou wat elektrisiteit suksesvol kan opwek.

Die skole wat deelgeneem het aan die Globale Wind Dag kompetisie was St. Anna Privaatskool, Hoërskool Concordia, Hoërskool Okiep, S.A. Van Wyk, Hoërskool Nababeep en Hoërskool Namakwaland.

Die leerders het die beoordeelaarspaneel onder hul voete uitgeslaan met hul projekte, wat definitief elektrisiteit opwek.

Hoërskool Namakwaland en S.A. Van Wyk het saam koning gekraai met hul projekte.

Die leerders het baie goed gevaar en het baie goeie kommentaar en advies van die paneel ontvang.

Die verrigtinge het plaasgevind by Hoërskool Namakwaland se skoolsaal, en was volgens die windplaas se Carol-Ann Engelbrecht ‘n reuse sukses.

Die skole kon nie genoeg hulle dank aan die windplaas uitspreek vir die geleenthede wat hulle gee, asook die bemagtiging van omliggende gemeenskappe en skole.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post