’n Saak van huisbraak is Sondag, by die polisie in Upington aangemeld.

Sersant Steven De Wee en konstabel Wiseman Kalipa het ondersoeke gedoen wat gelei het tot ‘n huis is Louisvaleweg waar van die gesteelde items na bewering verkoop is.

“Hulle het die skootrekenaar, selfoon en skoene ontdek wat by die verskafde beskrywing pas. Die 26-jarige manlike verdagte is toe aangekeer en vir huisbraak gearresteer,” het polisiewoordvoerder sersant Omphile Masegela gesê.

Hy is in polisie-aanhouding en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die koop of besit van gesteelde goedere is ‘n strafbare misdaad en die SAPD stuur ‘n streng waarskuwing daarteen.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *