Die Provinsiale Uitvoerende Raad onder leiding van Premier, Dr. Zamani Saul, het die laaste Uitgebreide Uitvoerende Raad Lekgotla vir die 6de Administrasie byeengeroep voor die Staatsrede wat op Donderdag, 29 Februarie 2024 gelewer sal word.
Die lekgotla het ‘n besinning gemaak oor die prestasies van die 6de Administrasie oor sy teikens, en ook die pas aangegee vir die werk van die regering vir die res van die finansiële jaar en termyn van bestuur.
Premier Saul het in sy toespraak die Staatsamptenare bedank vir die werk wat hulle gedoen het in ‘n poging om die visie van ‘n Moderne, Groeiende en Suksesvolle Provinsie te verwesenlik wat daartoe lei dat die ervaring van die mense van hierdie Provinsie verander.









