Die Kimberley-polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help om die 80-jarige August Waterboer, wat in Rossouwstraat 03, Loriesfontein in Calvinia woonagtig is, op te spoor.

August is in die Robert Mangaliso Sobukhwe-hospitaal in Kimberley opgeneem en is laas op Vrydag, 23 Februarie 2024 deur veiligheidswagte gesien wat by die hospitaalingang uitstap en nie teruggekeer het nie.

“Hy het ‘n bruin langbroek en ‘n blou geruite hemp aangehad. Enigiemand wat dalk inligting het oor waar August is, kan speurdersersant Jon-Ross Webb by 069 703 9826 of 08600 10111 kontak of anoniem na 32211 sms of die MySAPS-toepassing gebruik,” het polisiewoordvoerder Timothy Sam gesê.

Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word.

Die publiek word ook daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n persoon as vermis aan te meld nie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *