Die gebruik van selfone onder kinders kan aanvanklik skadeloos lyk, maar met verloop van tyd kan dit ‘n negatiewe uitwerking op kinders het.

Ouers het deesdae die geneigdheid om hul fone aan hul kinders te gee met die hoofdoel om hulle besig te hou, terwyl hulle hul daaglikse take voltooi.

Dit is ‘n baie effektiewe metode, want kleuters is geneig om lief te wees vir die helder ligte, kleure en klanke wat uit die selfoon kom.

Dit is nuttig vir ‘n ouer wat oorweldig is met werk of daaglikse huishoudelike take en wat nie alles kan hanteer asook om die nodige aandag aan hul kinders kan gee nie.

Vir ‘n ouer met meer as een kind het, kan dit moeilik raak om te sorg vir al haar kinders en om aan almal die nodige aandag te gee.

Die gebruik van ‘n mobiele toestel kan gesien word as ’n ‘hulp’ in die saak.

Aan die ander kant kan dit in die toekoms skadelik vir die kind wees.

‘n Konstante gebruik van “iets” veroorsaak ‘n verslawing en vir ‘n kind wat nog nie kan praat nie of selfs ten volle ontwikkel het nie, kan dit die geval word en wanneer die selfoon verwyder word, kan die gedrag van die kleinding ernstig verander.

“Volgens onlangse navorsing absorbeer die breinweefsel van kinders tien keer meer mikrogolfstraling as dié van volwassenes, en ander studies het gerapporteer dat die beenmurg van kinders tien keer meer mikrogolfstraling absorbeer as dié van volwassenes.” – Inno HEALTH tydskrif.

Die oorsaak van die radiofrekwensie van elektromagnetiese velde wat deur draadlose en mobiele toestelle afgee kan breingewasse soos glioom en akoestiese neuroom veroorsaak.

Die debat oor of ‘n kind met die selfoon vermaak moet word of nie, is ‘n aanhoudende debat en sal hopelik mettertyd opgelos word.

Written by: