Die Burgemeester van die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit me. Susarah Nero, en Lid van die Parlement, Agbare Erald Cloete, het ‘n oorsig besoek gedoen in Kamieskroon.
Die besoeke was afgelê by die plaaslike Suid- Afrikaanse Polisiediens, kliniek en laerskool.
Tydens die besoek kon hul vasstel wat die uitdagings is waarmee hierdie instansies mee sukkel, sowel as die hoogtepunte wat die instansies bereik het die afgelope tyd.
Die besoek sal kwartaalliks gedoen word om evaluering en monitering daar te stel.