Khâi-Ma Munisipaliteit doen ‘n beroep op inwoners om verantwoordelikheid te neem vir hul infrastruktuur.
Weens beperkte hulpbronne is die instandhouding van noodsaaklike dienste ‘n uitdaging.
Vandalisering van infrastruktuur benadeel net onsself en ons bure.
Kom ons werk saam om ons gemeenskap se welstand te beskerm.
“Ons het onlangs verskeie onwettige stortingsterreine skoongemaak, maar ongelukkig versamel hulle weer afval. Gooi asseblief jou afval verantwoordelik weg. Onwettige storting is onooglik en benadeel die omgewing,” het die munisipaliteit gesê.
In die tussentyd sal die Khâi-Ma Munisipaliteit se hoofkantoor sal vandag vanaf 10:00 gesluit wees vir die Mandeladag-program in Blyvooruitsig Pofadder.
Slegs skeletpersoneel sal in die kantore wees.
Die Burgemeester, Estelle Cloete rig ‘n uitnodiging aan alle Pofadder-inwoners om aan te sluit by die slaggat herstelprogram.
