Die Portefeulje Komitee oor Kleinsakeontwikkeling sal vanaf 8 Oktober die impak van die Departement van Kleinsakeontwikkeling se intervensieprogramme op klein ondernemings beoordeel tydens ‘n vier dae lange toesigbesoek aan die Noord-Kaap.

Die komitee sal Dinsdag (08/10/204) Delportshoop, Longlands, Barkly-Wes en Kimberley in die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit besoek om verskeie ondernemings te inspekteer, insluitend dié in spyseniering, boerdery, loodgieterswerk, vrugte- en groenteproduksie, skoonheidsalonne en internetkafees.

Woensdag (09/10/2024) sal die inspeksies in Kimberley voortduur, met ‘n fokus op DCO Holdings (Edms.) Bpk., Letshotshwa (Edms.) Bpk. en die Noord-Kaapse Landbou-inkubator, terwyl die komitee ook met begunstigdes in gesprek tree.

Donderdag (10/10/2024) sal die fokus na Upington in die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit verskuif, waar die komitee ‘n reeks ondernemings sal inspekteer, insluitend die Masakhane Kunssentrum, Amor De Dios Creative Studio, Tloufieka’s Projects en JWC Kitskos.

Die besoek sal op Vrydag, 11 Oktober, afgesluit word met inspeksies in Kuruman en Kathu, in die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, waar ondernemings soos Thanodi Spare and Stationery (Pty) Ltd, Fillies Enterprise and Services (Pty) Ltd, Resemeletse Motlopi Coffee Project, en Varquioline Holdings (Edms.) Bpk. geassesseer sal word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *