Leliefontein herdenk Menseregtedag vandag

 Leliefontein herdenk Menseregtedag vandag

Foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse Provinsiale Regering gaan Menseregtedag-2022 herdenk deur lede van die Khoe-gemeenskap te vereer, wat deur die Boere tydens die Leliefontein-slagting in 1902 vermoor is.

Die slagting het op 31 Januarie by die Leliefontein Metodiste-sendingstasie in Kamiesberg-munisipaliteit in Namakwa-distrik plaasgevind.

Volgens navorsing het die Boereleier Manie Maritz meer as 35 lede van die Khoe-gemeenskap doodgemaak, as weerwraak vir die aanval op sy party, toe hy die Europese sendelinge in die dorp ondervra het.

Die Noord-Kaapse Premier, Dr. Zamani Saul sal na verwagting die hooftoespraak lewer.

Hy sal vergesel word deur die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, me. Desery Fienies, ander lede van die Uitvoerende Raad en Plaaslike Burgemeesters.

Radio Nfm is besig om die geleentheid te dek.

Die radiostasie word verteenwoordig deur Brunhild Strauss, Dewald Rooi, Gershom Booys en Azelle Engelbrecht.

Bernadine Hearn

Related post