Kakamas Polisie vier mensregtedag met Munisipale leiers

 Kakamas Polisie vier mensregtedag met Munisipale leiers

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n Bewusmakingsveldtog wat handel oor Menseregtedag, is verlede Vrydag, 18 Maart 2022 uitgevoer in die Kakamas Sentrale Besigheidsdistrik.


‘n Woordvoerder van die polisie, kaptein CJ Prins het gesê dat die Kakamas polisie en die Maatskaplike Misdaad eenheid aangesluit het by die Burgemeester Marshall Matthys, en die Speaker van Kai Gariep Munisipaliteit.

Pamflette is versprei en die publiek is bewus gemaak van die belangrikheid van hulle menseregte.

Die bystand en werkverhouding tussen die SAPD en die Munisipale leiers is ‘n voorbeeld van gesonde vennootskapspolisiëring.

Bernadine Hearn

Related post